... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Loop op die Regte Pad

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 12:28 Op die weg van geregtigheid is daar lewe, maar die pad van hulle wat 'n wrok koester, lei na die dood.

Listen to the radio broadcast of

Loop op die Regte Pad


Download audio file

Die lewensreis het baie kinkels en draaie, en baie vurke in die pad. Jy kan ongetwyfeld terugkyk en sien hoe ‘n onbeduidende klein besluitjie om hierdie kant toe te loop, in plaas van daardie kant toe, die loop van jou lewe heeltemal verander het.

Baie jare gelede, toe ek nog ’n nuwe Christen was, het ek op ’n taamlik onindrukwekkende kerkgeboutjie afgekom. Ek het besluit om ‘n kans te waag en om in te gaan. Ja, en so ek het die volgende Sondag weer teruggegaan en die diens bygewoon.

Vir my kritiese oë en harde hart was die binnekant van die kerk net so onindrukwekkend soos die buitekant. Maar weet jy, deur die wonderlike mense daar binne, het God my hele lewe verander. Een Sondagoggend het ek by die kerkdeur ’n brosjure van ’n plaaslike Bybelkollege opgetel. Ek het sommer, sonder deeglike oorweging, soos nuwe Christene dikwels doen, ‘n besluit geneem: Ek het in my ywer om Jesus te volg, ingeskryf vir ’n Baccalaureus graad in die Bediening.

En hier is ek en jy, al die jare later saam – ek het die voorreg om die Goeie Nuus van Jesus met jou te deel. Kyk nou net! Twee onbenullige besluite. Groot gevolge.

Ek het daardie besluit op die ingewing van die oomblik geneem. Ek het dit instinktief geneem. Maar hoe kies jy? Hoe moet jy die regte pad kies wanneer jy by ‘n vurk in die pad kom, soos jy beslis sal kom?

Spreuke 12:28 Op die weg van geregtigheid is daar lewe, maar die pad van hulle wat ‘n wrok koester, lei na die dood.

Kies altyd die pad van geregtigheid. Hoe meer jy Jesus volg, hoe meer instinktief word die geregtigheid deel van jou. Om Jesus te volg, is soos in-diens-opleiding wat jou leer hoe goedheid en geregtigheid lyk.

Kies die pad van geregtigheid. Dit is waar die ware lewe is. Dit is hoe jy vir ewig sal lewe.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.