... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Evangelie van Teenstrydighede?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 12:27 Die luiaard gaan vang nie eens wild om te braai nie; 'n hardwerkende mens versamel kosbare besittings.

Listen to the radio broadcast of

‘n Evangelie van Teenstrydighede?


Download audio file

Weet jy daar is tye, wanneer die goeie nuus van Jesus glad nie soos goeie nuus voel nie. Hy het immers self vir ons gewaarsku dat om sy dissipel te word, harde werk van ons sal vra. Hoe kan ons dit as goeie nuus bestempel?

Soms sal jy vind dat jy met sekere versoekings worstel op ‘n manier, wat ongelowiges nooit eers sal pla nie. En Jesus se opdrag om ongelowiges netso lief te hê soos ons onsself het … dit gee jou sommer ‘n verskriklike kramp as jy net daaraan dink; dis mos nie maklik nie!

Gister het ons gesien hoe God ons sonde hanteer deur dit op Jesus se skouers te sit, sodat, wanneer ons in Hom glo, ons, uit genade,  volkome vrygespreek en regverdig voor God kan staan.

2 Korintiërs 5:21 Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.

‘n Massiewe gratis geskenk met ewige belonings! En tog het Jesus gewaarsku dat om sy dissipel te wees, nie rosegeur en maanskyn gaan wees nie. Boonop weet ons uit eie ervaring dat ons hard moet werk om in hierdie lewe vooruitgang te maak.

Spreuke 12:27 Die luiaard gaan vang nie eens wild om te braai nie; ‘n hardwerkende mens versamel kosbare besittings.

Die gratis gawe van genade aan die eenkant en harde werk aan die anderkant. Dit is mos teenstrydig? Al wat ek vir jou kan sê, is dat wanneer jy op jou lewensreis vertrek, is jou skuldboek heeltemal uitgevee. Dit vrywaar jou nie van beproewings langs die pad nie, maar op een of ander manier verander Jesus jou in ‘n nuwe mens; dié een wat Hy altyd beplan het jy moet wees.

Dit blyk dat hierdie oënskynlike teenstrydigheid die wonderlikste vennootskap op ons reis na die ewigheid is.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.